Selfstandige naamwoord

Die selfstandige naamwoord of saakwoord (weinig gebruiklik) is 'n woordsoort of frase wat verwys na 'n persoon, plek, ding, gebeurtenis, voorwerp of eienskap.

Dit word meestal gekenmerk deurdat hulle in meervoude omgesit kan word deur die byvoeging van 'n agtervoegsel en in sekere gevalle dat hulle 'n geslag kan aandui. Die beste manier om 'n selfstandige naamwoord te identifiseer is om te onthou dat dit meestal iets fisies aandui bv. 'n baksteen. Slegs selfstandige naamwoorde kan in die meervoud geskryf word.

Die maklikste metode wat op skool geleer word om 'n selfstandige naamwoord uit te ken is as volg: As jy 'n lidwoord (m.a.w.) Die of 'n voor die woord kan sit, dan is dit 'n selfstandige naamwoord.

Daar is 5 soorte selfstandige naamwoorde:

  1. Eiename: name van plekke en mense, dit word altyd met 'n hoofletter geskryf bv. Pretoria, Johannesburg, Pieter van der Merwe.
  2. Versamelname: Dit dui 'n groep soortname aan, bv, 'n swerm bye, 'n skool visse.
  3. Stofname: Name van elemente en stowwe, Bv. goud, koper, lood.
  4. Soortname: name van soorte en dinge, bv. honde, katte, skape, tafel, eetlepel.
  5. Abstrakte selfstandige-naamwoorde: name wat dinge beskryf wat ons nie met die blote oog kan sien nie, maar nog steeds 'n lidwoord voor aan kan voeg (o.a. emosies), bv. liefde, haat, ens.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search